MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se eerste meisieshokkiespan het die naweek tydens die Loeriefees in Wittedrift, 'n baie suksesvolle hokkiedag gehad.
Punt speel vyf wedstyde en wen al vyf oortuigend. Die span teken 'n totaal van 13 doele aan en staan geen doele af nie.
Punt is dankbaar teenoor Hoërskool Wittedrift vir die lekker geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'