SPORTNUUS - Mosselbaai Posduifklub se wedvlugte, wat die afgelope naweek vanaf Marydale (526km) plaasgevind het, het in elke afdeling 'n ander wenner opgelewer.
Ook in die sprint wat vanaf Victoria-Wes (330km) gevlieg is.
Corrie Naude en Fanie Mollentze klok onderskeidelik die wenduiwe in die jaaroud- en ope-wedvlugte terwyl Zante Strydom en Tashinga Kadye met die wenposisies in die juniors se jaaroud- en ope-wedvlugte spog.
Chapmar klok die wenduif in die sprint vanaf Victoria-Wes.
Die duiwe het goed terug gekeer. In die jaaorud het 14 van die 26 lede van hul duiwe onder die eerste derde plekke in die klub geklok en in die ope 12 van die 26 lede.
Die uitslae is:
- Senior jaaroud: Corrie Naude (1, 30); 4J Lofts (2); Mollentze Hokke (3, 8, 11, 13); Boemerang (5, 20, 23); Gillroy (6, 15, 25, 29); Anouk (7); Chapmar (9, 28); Alfie Ladson (10); Van Eeden Hokke (12); Hartman Hokke (14, 26); Gert Wessels (16, 21); Barnard Lofts (18, 19, 22); Daan Stander (24); Capes Lofts (27).
- Senior ope: Mollentze Hokke (1, 9, 13, 18, 28); Jerry van der Mescht (2); Anouk (3, 5, 6, 17); Barnard Lofts (4, 15, 16, 20); Gert Wessels (7, 8, 10); Alfie Ladson (11); Parkeneers (12); Gillroy (14); Corrie Naude (21, 22, 23, 25, 26, 27); 4J Lofts (24); Daan Stander (29); CBS (30).
- Sprint: Chapmar (1); Boemerang (2); Mollentze Hokke (3, 4, 9, 15); Capes Lofts (5, 6, 8); Gillroy (7, 13); Corrie Naude (10); Barnard Lofts (11, 12); Tol Nel (14, 16); Gert Wessels (17, 18, 20); Le Grange Hokke (19).
- Junior jaaroud: Zante Strydom (1, 4, 6); JW Schutte (2); Tashinga Kadye (3, 7, 10); Carel Grové (5, 8, 9).
- Junior ope: Tashinga Kadye (1, 3, 4); JW Schutte (2, 7); Zante Strydom (5, 6, 8, 9); Carel Grové (10).
Zante Strydom met sy wenduif in die juniors se ope.
Corrie Naude met sy wenner in die jaaroud-wedvlug.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’