BOKSNUUS - 'n Liggaamsbouer van Mosselbaai, Ludwig Bouwer (26) het onlangs aan 'n nasionale kompetisie in Pretoria deelgeneem en sy afdeling gewen.
Bouwer is gekies om Suid-Afrika op 19 November in Spanje te verteenwoordig.
Ludwig se fiksheidreis het 10 jaar gelede begin. Hy sê die geleentheid is 'n droom, wat waar geword het.
Hy werk tans as 'n persoonlike afrigter op Mosselbaai en help ander mense om hulle gesondheidsdoelwitte te bereik.
Sy droom is drie jaar gelede bewaarheid toe een van Suid-Afrika se fiksheidsikone, Jaco de Bruyn, sy sosiale media profiel raakgesien het. De Bruyn het na Ludwig uitgereik en aangebied om hom af te rig.
"Ek werk al langer as 10 jaar vir die geleentheid en het volle vertroue in myself en in my afrigter dat alles goed sal verloop daardie dag."
Dit sal ook sy grootste kompetisie nog wees waaraan hy gaan deelneem.
Ludwig moet sy eie reiskostes en verblyf vir die geleentheid betaal. "Enigeen wat my kan help met 'n donasie om die droom 'n werklikheid te maak, kan my kontak."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’