Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Die Diaz All Flightklub se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan twee wedvlugte vanaf Victoria-Wes (321km). In die jaaroud afdeling is dit Joe Lemos wat die eerste plek verower. Sunday Montero behaal die tweede plek gevolg deur Chris Nel in die derde plek. Fanie Ackerman se duiwe presteer ook goed deurdat hulle ses plekke in die jaaroud afdeling behaal.
In die ope afdeling is dit 'n duif van Montero wat die wedvlug met 13 minute wen. Hy behaal ook die tweede plek gevolg deur Ackerman in die derde en Alfie Ladson in die vierde plekke.
In die dorpseksie vlieg Nel die wenduif in die jaaroud afdeling met Kiara Nel (junior) in die tweede en Chris Nel weer in die derde plekke.
In die dorpseksie se ope afdeling vlieg Ladson die eerste plek met Jerry van der Mescht in die tweede en Nel weer in die derde plekke.
Volledige uitslae is soos volg:
Klub jaaroud: Joe Lemos (1, 6, 8, 20, 21); Sunday Montero (2, 4, 12, 22); Chris Nel (3, 9, 15, 18, 26); N&H Binedell (5, 25); Kiara Nel jnr (7, 16); Fanie Ackerman (10, 13, 14, 23, 27, 28); T&L Swart (11, 19, 24); Morné Robertson (17), Jerry van der Mescht (29, 30).
Klub ope: Sunday Montero (1, 2, 12, 13, 18, 22); Fanie Ackerman (3, 9, 11, 30); Alfie Ladson (4, 20); Jerry van der Mescht (5, 8); Chris Nel
(6, 10, 26, 27, 29); N& H Binedell (15, 25); Kiara Nel jnr (17, 28); T&L Swart (19, 21); Morné Robertson (23, 24); Joe Lemos (7, 14, 16).
Dorp jaaroud: Chris Nel (1, 3, 5, 8, 11, 14); Kiara Nel jnr (2, 6,15); T&L Swart (4, 9, 10); Morné Robertson (7, 16); Jerry van der Mescht (12, 13, 17).
Dorp ope: Alfie Ladson (1, 8, 16, 19, 20); Jerry van der Mescht (2, 4, 18); Chris Nel (3, 5, 12, 13, 15); Kiara Nel jnr (6, 14); T&L Swart (7, 9, 17); Morné Robertson (10, 11).
Hierdie naweek se wedvlugte vind vanaf Britstown plaas.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'