MOSSELBAAI SPORTNUUS - Duiwe van die Diaz All Flightklub het verlede naweek aan twee ope wedvlugte vanaf Vryburg (836km) deelgeneem.
Dit was die duiwe van Joe Lemos en Kalaharie Boesman wat baie goed presteer het.
Joe Lemos wen die ope 1 wedvlug met Kalaharie Boesman wat die ope 2 wedvlug wen.
In die klub se dorpseksie is dit Tom en Louise Swart wat beide die ope 1 en 2 wedvlugte inpalm.
Uitslae
Klub ope 1: Joe Lemos (1, 6, 7, 9, 10, 13, 16, 20); Kalaharie Boesman (2, 3, 4, 5, 11, 14, 21); T&L Swart (8, 12, 15, 17, 18); Fanie Ackerman (19); Chris Nel (22, 23, 24).
Klub ope 2: Kalaharie Boesman (1, 2, 8, 12, 20, 22); T&L Swart (3, 11, 14, 19, 21); Joe Lemos (4, 5, 7, 13, 15, 16, 17: Fanie Ackerman (6); Chris Nel (9, 10, 18).
Dorp ope 1: T&L Swart (1 - 5); Chris Nel (6 - 8).
Dorp ope 2: T&L Swart (1, 4, 5, 7, 8); Chris Nel (2, 3, 6).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'