MOSSELBAAI SPORTNUUS - Mosselbaai Hengelklub hou 9 Oktober 'n galjoen hengelkompetisie met groot pryse op die spel.
Dit is 'n rots- en strandkompetisie en die hengelarea is wes van die Knysna Heads tot oos van Gouriqwahek.
Die kompetsie begin om 06:00 en die skale sluit om 16:00 by die IPA-saal in Heiderand. Die koste is R80 per persoon.
Die eerste prys is hengeltoerusting en geskenkbewyse ter waarde van R8 000. Die tweede prys se waarde is R5 000 en derde prys R2 500. Dan is daar ook R500, asook 'n R500-koopbewys vir die vrou wat die grootste galjoen vang. 'n Prys vir juniors se grootste galjoen sluit in R500 en 'n visgerei koopbewys ter waarde van R500. Daar is ook 'n Shimano Tec 70MH en 'n Shimano TLD20 ter waarde van R3 420 vir die grootste eetbare vis.
Geen ondermaatvis mag ingeweeg word. Gelukstrekking sal ook by die prysuitdeling gedoen word.
Vir navrae en kaartjies kontak Jacques Pace (082 303 1352), Jade Badenhorst (084 490 6025) of Len Alkers (062 095 2805).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'