JUKSKEI NUUS - 'n Jukskei-atleet Theana van der Walt, wat onlangs haar nasionale kleure ontvang het, is gekies as deel van die SA toerspan wat in Julie na Namibië toer om aan internasionale toetsreekse deel te neem.
Jukskei is 'n amateursport en atlete word nie gesubsidieer nie. Fondse moet dus deur die spelers self voorsien word.
Om geld vir haar toer in te samel verkoop Van der Walt dus lootjiekaartjies teen R20 elk vir 'n gelukstrekking wat sy vir 30 Junie beplan.
Pryse sluit onder meer biltong, gin en whiskey-geskenkmandjies en koopbewyse van Takealot in.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’