MOSSELBAAI SPORTNUUS - Hekka Fourie het verlede Saterdag, 19 Junie behoorlik amok gemaak in die Mosselbaai-duiweklub se jaaroud-wedvlug vanaf Victoria-Wes toe hy die eerste vier plekke in die klub ingepalm het. Die vyfde plek word deur Gillroy ingeneem
Hartman Hokke, nog 'n nuweling in die klub, het ook hulle stem dik gemaak en palm die eerste plek in die ope afdeling in met Daan Stander in die tweede plek, Gillroy in die derde en vierde plekke en Barnard Lofts in die vyfde plek.
Logan Boshoff wen die juniors se jaaroud-wedvlug met JW Schutte tweede en derde en Juda Meyer vierde en vyfde.
Die juniors se ope afdeling word deur JW Schutte gewen met Marzaan van der Linde tweede en vierde, Logan Boshoff derde en Schutte weer in die vyfde plek.
Uitslae
Jaaroud: Hekka Fourie (1, 2, 3, 4, 19); Gillroy 2 (5, 17, 28); Fanie Mollentze (6, 15); Barnard Lofts A (7, 14, 23); Chapmar (8, 13, 22); Daan Stander (9); Gillroy 1 (10, 25, 26, 27); AJE Lofts (11, 21); R&R Lofts (12, 18); Hartman Hokke (16); Le Grange Hokke (19); CBS (24); Gert Wessels (29); Barnard Lofts B (30).
Ope: Hartman Hokke (1); Daan Stander (2); Gillroy 1 (3, 4, 16, 22, 30); Barnard Lofts A (5, 6, 9, 13, 17, 18, 19); Gillroy 2 (7, 8, 21, 23); Chapmar (10, 20, 27); Fanie Mollentze (11); Le Grange Hokke (12); R&R Lofts (14); CBS (15, 24); Hekka Fourie (25, 26, 28); AJE Lofts (29).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'