HARTENBOS NUUS - Die Hartenbos-toutrekklub se vroue, mans en gemengde spanne het die afgelope naweek vir Eden silwer in die Wes-Kaapse seniorkampioenskappe in Kaapstad gewen.
Dit volg na hulle goeie prestasies gedurende die SA klubkampioenskappe in Kimberley verlede maand.
Hierdie atlete en talle ander is tans besig met voorbereiding vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat op 1 en 2 Augustus in Hartenbos plaasvind.
FOTOGALERY: Só trek Hartenbossers tou
Die klub sê behalwe vir Augustus se toernooi, sien hy uit na die wêreldkampioenskappe wat volgende jaar óók in Hartenbos aangebied word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’