HARTENBOS NUUS - Faan Gerber is verkies tot Hartenbos-jukskeiklub se bestuurder vir die 2019/20120-seisoen.
Die verkiesing het op Dinsdag, 26 Maart tydens die klub se algemene jaarvergadering plaasgevind. Die vergadering is vooraf gegaan met 'n oomblik van stilte ter nagedagtenis van Piet von Rönge wat oorlede is.
Die belangstelling van teenwoordige spelers was goed. Gevolglik kon verskeie innoverende bydraes en voorstelle aangehoor word.
Dit het uiteraard tot weldeurdagte besluite gelei.'n Nuwe sekretaresse in die persoon van Carin Burger is verkies in die plek van Alet Botha wat vir baie jare die sleutelpos met onderskeiding beklee het.
Alet sal nog steeds 'n leidende rol speel, veral met die reëling van plaaslike jukskeikompetisies en dan wel wat betref die verversings.
Die volgende lede is verkies om die verskillende komitees te vul:
- Voorsitter: Faan Gerber
- Ondervoorsitter: Bossie Boshoff
- Sekretaresse: Carin Burger
- Tesourier: Ewie Engelbrecht
- Addisionele lede: Elias Burger en Koot Swart.
- Keurders: Sydney Stopforth, Bossie Boshoff, Chris Viljoen.
- Skakelbeampte: Sydney Stopforth
Verskeie komitees is saamgestel ten einde die algehele vlot verloop van verskeie aangeleenthede deur die loop van die seisoen te verseker.
- Terreinkomitee: Koot Swart, Elias Burger
- Klubkomitee: Bossie Boshoff met hulp.
- Finansies en aankope: Ewie Engelbrecht
- Verversings: Alet Botha en Malie Pienaar.
'n Vriendelike maar ernstige beroep is deur Gerber gedoen op enige persoon wat enigsins sou belangstel in jukskei ten einde die spel te leer speel en verder uit te bou, om die volgende persone te nader, te wete Bossie Boshoff (tuis) 044 693 0452 (selfoon) 0763179017 of Sydney Stopforth (tuis) 044 620 2663 (selfoon) 082 371 3637.
'n Jaar van groot belofte lê voor die deur.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'