SPORT NUUS - Die Johnnie Reitz Big 5 stoeitoernooi, wat jaarliks in Pretoria aangebied word, is een van die gesogste toernooie in Suid-Afrika.
Vanjaar was geen uitsondering toe die toernooi op Saterdag, 5 Augustus, plaasgevind het.
Altesame 883 stoeiers vanuit verskeie lande soos Amerika, Zambië, Namibië, Australië, Egipte en Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem.
Pieter Joubert (15), leerder aan die Hoërskool Outeniqua in George, het Mosselbaai Stoeiklub verteenwoordig en het in sy o.15-gewigsafdeling twee eerste plekke behaal. Joubert het koning gekraai in die vrystyl- en die afdeling vir Greco Roman-stoeiers.
In die presidente-afdeling, waar jy teen enige ouderdom in jou gewigsafdeling stoei, het hy 'n derde plek behaal. Joubert sal ook op 6 Oktober by die Suid-Afrikaanse junior byeenkoms in aksie wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’