DUIWEWEDVLUGTE NUUS - Gert Wessels is stadig maar seker besig om so stil-stil sy stempel af te druk op die punteleer van die Mosselbaai Duiweklub.
Hy het die afgelope naweek goed afgeskop deur eerstens die eerste twee plekke in Vrydag se sprint-wedvlug vanaf Victoria-Wes (328km) in te palm en toe ook die eerste twee plekke in Saterdag se jaaroud-wedvlug vanaf Britstown (410km).
Saterdag se ope wedvlug, ook vanaf Britstown, word deur nog 'n "groot" naam in die klub, Fanie Mollentze ingeoes. Die juniors se wedvlugte word deur onderskeidelik Carel Grové (jaaroud) en Tashinga Kadye (ope) gewen.
Uitslae
Senior jaaroud:
Gert Wessels (1, 2, 14, 22, 24); Barnard Lofts (3, 5, 11, 12, 29); Mollentze Hokke (4, 8, 9, 26); R&R Lofts (6, 28); Anouk (7, 20); Alfie Ladson (10); Boemerang (13, 17); Van Eeden Lofts (15); Capes Lofts (16); Corrie Naude (18, 30); Daan Stander (19, 25); Le Grange Hokke (21); Gillroy (23, 27).
Senior ope:
Mollentze Hokke (1, 7, 14, 16, 27); Barnard Lofts (3, 9, 20); Corrie Naude (4, 21, 26); Daan Stander (5, 18); Anouk (6, 29); R&R Lofts (8, 22); Gert Wessels (10, 13, 19); Capes Lofts (11); Van Eeden Lofts (12); Parkeneers (15); Boemerang (17, 25); CBS (23); Alfie Ladson (24); Gillroy (28, 30).
Sprint:
Gert Wessels (1, 2, 8, 10, 17); Alfie Ladson (3, 20); Daan Stander (4, 5, 6); Le Grange Hokke (7, 12, 16); Boemerang (9); Corrie Naude (11); Barnard Lofts (13, 15); Gillroy (14); Tol Nel (18); Mollentze Hokke (19).
Junior jaaroud:
Carel Crové (1, 6); Zante Strydom (2, 5); Tashinga Kadye (3, 4, 8); JW Schutte (7); Marzaan van der Linde (9, 10).
Junior ope:
Tashinga Kadye (1, 3, 4, 8); Carel Crové (2, 6); JW Schutte (5, 7, 9); Zante Strydom (10).
Tashinga Kadye met haar wenduif in die juniors se ope-wedvlug.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’