MOSSELBAAI SPORTNUUS - Vyf atlete van die Eden MPA (Modern Pentathlon Association) het van 22 tot 25 September aan die Laser Run Wêreldkampioenskap in Lissabon, Portugal, deelgeneem.
Die atlete het Sampa (SA Modern Pentathlon Association) by hierdie byeenkoms verteenwoordig en uitstekend presteer.
"Die kompetisie was baie sterk, met ongeveer 700 atlete vanaf 26 verskillende lande wat aan die byeenkoms deelgeneem het," het Bertus Myburgh, voorsitter van Eden MPA, gesê.
"Omtrent al die ouderdomsgroepe moes in 'n semi-finaal en weer op dieselfde dag in 'n finale wedloop deelneem. Die Suid-Afrikaanse atlete het met 22 medaljes teruggekom, waarvan sewe medaljes deur die Eden-atlete verwerf is."
Eden-atlete het soos volg presteer:
Pieter Schoeman (o/11) (Mosselbaai) -
- 3de plek (brons), individuele afdeling en silwer spanmedalje.
Albert Myburgh (o/13) (George) -
- 7de plek individueel en silwer spanmedalje asook 3de plek (brons) in die gemengde aflos.
Johan Schoeman (o/15) (Mosselbaai) -
- 7de plek individueel en goue spanmedalje.
- Bertus Myburgh (40+) (George) - 6de plek individueel en silwer spanmedalje.
Johan Windt (60+) (Mosselbaai) -
- 6de individueel en silwermedalje in die gemengde aflos.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'