SUID-KAAP NUUS - Altesame 76 jukskeispelers, wat 26 vroue ingesluit het, het op Hartenbos aan 'n geslaagde Vrouedagbyeenkoms deelgeneem.
Spelers van so ver as Stilbaai, Riversdal, Boggomsbaai, Gouritsrivier, Danabaai, Hartenbos en Groot-Brakrivier was in aksie.
Onder hulle was verskeie SA, provinsiale- en klubligaspelers.
Die jongste spelers is nog op hoërskool en die oudste was die 87-jarige John Swart.
Elkeen van die vroue wat op Vrouedag aan die Eden-jukskeitoernooi op Hartenbos deelgeneem het, het 'n pragtige hartjie met mooi bewoording daarop ontvang.
Van die groot uitblinkers was André le Gransey, Coenie van der Westhuizen en Francois Strydom, wat elkeen met 'n trofee in hul onderskeie afdelings weggestap het. Eden het een van die aktiefste jukskeiligas in die land.
Hartenbos het sy bane goedgunstiglik vir die dag oopgestel en die spelers met gasvryheid onthaal.
Elkeen van die 26 vroue wat op Vrouedag aan die Eden-jukskeitoernooi op Hartenbos deelgeneem het, het 'n pragtige hartjie met mooi bewoording daarop ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'