EDEN DISTRIK PLUIMBAL-NUUS - Eden-pluimbal speel vanjaar gasheer vir twee SA kampioenskapstoernooie op Hartenbos.
Die SA veterane-kampioenskappe word van 4 tot 11 Augustus hier aangebied en die SA Woodroffe-beker van 20 tot 28 Oktober.
Verskeie spelers van George, Mosselbaai en Oudtshoorn is gekies om Eden-pluimbal by dié toernooie te verteenwoordig.
Die spelers wat gekies is vir die SA veterane-toernooi is:
A-span (gemeng)
Amanda Minnie (George) en Louwrens Schlebusch (George), Heleen Fourie (George) en Johan Roode (George), Juanita de Bruyn (George) en Llewelyn Potgieter (George), Elaine Stipp (Mosselbaai) en Theo Kleinhans (Mosselbaai).
B-span (gemeng)
Christa Kroukamp (Oudtshoorn) en Aldo Kroukamp (Oudtshoorn), Almerie Venter (Oudtshoorn) en Marius van Huyssteen (Oudtshoorn), Daleen de Bruyn (George) en Jacques Oberholzer (George), Hanlie Alberts (Mosselbaai) en Attie Henning (Mosselbaai).
Die voorlopige groep vir die SA Woodroffe-bekertoernooi is soos volg:
Gemeng
Amanda Minnie (George) en Louwrens Schlebusch (George), Heleen Fourie (George) en Koenraad Potgieter (George), Juanita de Bruyn (George) en Llewelyn Potgieter (George), Cindy van der Westhuizen (Mosselbaai) en Theo Kleinhans (Mosselbaai), Almerie Venter (Oudtshoorn) en Marius van Huyssteen (Oudtshoorn), Daleen de Bruyn (George) en Jacques Oberholzer (George), Hanlie Alberts (Mosselbaai) en Attie Henning (Mosselbaai), Elode Minnie (George) en Mitch Otto (George), Chrisma Fourie (George) en Adon Malgas (Oudtshoorn), Anuschka Henning (Oudtshoorn) en Ali Akram (Oudtshoorn), Yvonne Landman (Mosselbaai) en Pierre Gilomee (Oudtshoorn), Karel Landman (Mosselbaai) en Wessel van der Westhuizen (Mosselbaai), Christo Visser en Johan Roode (George).
Amanda Minnie is gekies om aan albei die SA pluimbal-kampioenskapstoernooie op Hartenbos deel te neem.
Die volgende borge en donateurs het bydraes gelewer:
Sportraad van die Wes-Kaapse provinsiale regering (DCAS), Terblanche Transport (Mosselbaai/George), George Palm Tyre (George), Acme Tool Hire (George), Outeniqua Mikro & Landskapbesproeiing (George), Computer Home Services (George), Londt Motors (Pacaltsdorp), Giel Slabbert - Seesig Motors (Mosselbaai), Rian Moag - Chrystal Stream Water (Stilbaai), Bearing Warehouse SKF George, Le Roux van Dyk - Oasis Water (Oudtshoorn), Herold Wines, Sanmik Agencies (George), Oudtshoorn-munisipaliteit (borg Oudtshoorn spelers), Ford Mosselbaai, Gear Up Oudtshoorn, Black Zwan (Oudtshoorn), Klein Karoo Motors (Oudtshoorn), Shell Voorbaai (Mosselbaai), Coca-Cola, Pick n Pay (Hartenbos), SA Petroleum, S Steward, Prentec, R. Craucamp, M. Hoon, Xpress Designs (Durbanville), RNA Disbribution, South Cape Irrigation Holdings (George), Active Phambili Civils (George), De Jager Loodgieters (Beaufort West) en Grocery Express (George).
Llewelyn Potgieter is gekies vir die SA veterane se A-span. Hy is ook opgeneem in die voorlopige span wat aan die SA Woodroffe-bekertoernooi in Hartenbos gaan deelneem.
Bydraes
Maatskappye of individue wat nog 'n bydrae kan lewer kan die voorsitter van Eden-pluimbal, Jacques Oberholzer, bel by 083 418 6087 of e-pos oberholzer.jacques@gmail.com. Of die sekretaresse, Heleen Fourie by 071 880 0718 of e-pos heleen@lyners.co.za. Direkte bydraes kan by Eden Badminton Federation; First National Bank; takkode 210414 tjekrek. 625 1652 6756 gemaak word.
Vir enige verdere navrae bel Amanda Minnie by 073 538 1373.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'