Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Drie vriendinne van Mosselbaai, lede van die Hartenbos Drawwers, het gister saam besluit om ‘n 58km te draf.
Die Twee Oseane-marathon, wat ‘n ultra-marathon van 56km inlsuit, sou gister, Saterdag 11 April in Kaapstad plaasgevind het, maar is vanweë die Covid-19-pandemie, afgestel.
Ané Scholtz, Christelle Oosthuizen en Delucia Swanepoel het die tuisbly-uitdaging aangepak en hulleself beloon met tuisgemaakte “lockdown-medaljes”.
Ané en Delucia het in hulle tuine gedraf en Christelle het van haar trapmeul gebruik gemaak.
“Vat so coronavirus! This is me staying positive,” het Ané op haar Facebookblad ná die uitdaging geskryf.
Mossel Bay Advertiser is bewus van ander sportentoesiaste wat ook gister werk daarvan gemaak het om te draf ten spyte van die grendeltydperk. Deel gerus jou oefenfoto’s of videos van die naweek op ons Facebookblad.
Kyk 'n video hieronder.
Christelle Oosthuizen
Ané Scholtz
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'