MOSSELBAAI SPORTNUUS - Mosselbaai se jongmense het as 'n lusmakertjie voor die suksesvolle Justworx Daytona Rally op Saterdag, 22 Mei aan 'n kaskarresies voor die munisipale gebou in Marshstraat deelgeneem.
Deelnemers van onder 14 en 15 tot 19 jaar oud het mekaar in 'n tweemanresies gepak.
Kaskarre is aan die deelnemers verskaf, maar renjaers moes hul eie valhelm saambring.
Die seuns se span, genaamd Team Masters is Morné Floors en Ryan Smith.
Hierdie twee Mosselbaaiers het aan die meisies kategorie deelgeneem en het hulself die Time Breakers gedoop. Hulle is Caitlyn O'Brien en Anjo Jansen.
Emile van Rensburg en John-Daniel Minnie het ook deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'