MOSSELBAAI JUKSKEINUUS - Danabaai-jukskeiklub het die Fanie Londt-jukskeidag op eie bodem gewen.
Die jukskeidag het Woensdag, 7 November plaasgevind.
Fanie Londt was 'n getroue lid van Groot Brak-jukskeiklub Hy is twee jaar gelede oorlede.
Daar is besluit hom te vereer deur elke jaar 'n kompetisie tussen die sosiale jukskeiklubs, Groot Brak, Boggomsbaai, Gouritz en Danabaai te hou.
Die klubs het vanjaar op Danabaai se bane saamgetrek en mekaar sterk die stryd aangesê.
Danabaai het die stryd gewen met 55 punte, gevolg deur Gouritz met 46, Boggomsbaai 40 en Groot Brak met 39 punte.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'