MOSSELBAAI SPORTNUUS - Chappie Gertenbach is nie verniet Mosselbaai Posduifklub se voorloper op die punteleer van vanjaar se langpad-wedvlugte nie.
Hy was Sondagaand die enigste lid van die klub om 'n duif terug in sy hok te hê nadat hulle die oggend om 06:15 in twee groepe, naamlik die ope 1- en ope 2-wedvlugte op Vryburg (824km) losgelaat is.
Gertenbach (Chapmar Lofts) se duif het Sondagaand om 19:00, 12 uur en 45 minute later by haar hok gearriveer. Sy wen vir Gertenbach die ope 1-wedvlug.
Nog 'n langpad-aanspraakmaker, Danie Barnard wat slegs 10 punte agter Gertenbach op die langpad-punteleer is, het die eerste duif in die ope 2 geklok. Dié duif het Maandagoggend om 05:54 by sy hok aangekom.
JW Schutte spog ook met 'n wenduif in die junior afdeling van die klub.
Uitslae
Ope 1: Chapmar (1, 11, 14, 15, 22, 30); Barnard Lofts B (2, 4, 9, 10, 19); Gillroy 1 (3, 12, 18, 24); Barnard Lofts A (5); AJE Lofts (6, 23, 26, 29); Van Eeden Lofts (7); Le Grange Hokke (8, 16); Gillroy 2 (13); Tol Nel (17); Jan Marais (20, 21, 25); Hekka Fourie (27, 28).
Ope 2: Barnard Lofts B (1, 9, 17, 19, 23, 30); Gillroy 1 (2, 3, 5, 10); Barnard Lofts A (4, 8, 14); Chapmar (6, 11, 16); Gillroy 2 (7, 21, 24, 29); AJE Lofts (12); Jan Marais (13, 20); Hekka Fourie (15); Le Grange Hokke (18, 27); Van Eeden Lofts (22, 25, 28); CBS (26).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'