MOSSELBAAI NUUS - Boksers van die boksklub by die sportakademie op Groot-Brakrivier is onlangs met sertifikate beloon vir hulle harde werk en toewyding gedurende 2017.
Die klub het gegroei en heelwat nuwe lede bygekry.
Die afrigter van die boksers, Blackie Swart sê hulle is ook deur 'n plaaslike winkel genooi om oor borgskap te gesels vir 2018. "Dit sal ons in staat stel om ons boksers meer blootstelling te gee.
"Dankie manne vir 'n goeie jaar."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'