MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die 10de Vista Pick n Pay Classic-toernooi het onlangs by die Vista-rolbalklub op Klein-Brakrivier plaasgevind.
Tien spanne, van sover as Schweizer-Reneke, Langebaan, Koffiefontein, De Doorns en Hermanus, het oor drie dae om die gesogde Classic titel meegeding.
Die Classic, geborg deur Pick n Pay Fraai Uitsig, is ‘n baie gewilde toernooi en die spanne kom jaar na jaar terug om ou vriendskappe weer te hernu en weer eens lekker saam te kuier, maar ook om ernstig te kompeteer.
Die wenspan bestaande uit Eliana Hattingh, Petru Lombard, John Dampier en Manie Lombard is 'n gekomibeerde span van George en Hartenbos. Vista se eie Deona Cooke, Riana van Eeden, Tom Strydom en WF Bloem het die tweede plek ingeneem.
Liezel Muller (Pick n Pay), links, saam met wenspan Eliana Hattingh, Petru Lombard, John Dampier en Manie Lombard.
Tweede was Vista se eie Deona Cooke, Riana van Eeden, Liezel Muller (Pick n Pay), Tom Strydom en WF Bloem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'