Gallery
SPORTNUUS - Die Hartenbos Rolbalklub se jaarlikse Classic-toernooi het op 20 en 21 Oktober plaasgevind.
Agt-en-twintig spanne van regoor die Wes-Kaap het aan dié toernooi deelgeneem.
FOTOGALERY: Hartenbos Classic rolbal
Spanne het hul nie laat afskrik deur 'n bietjie reën af en toe nie en die kompetisie het in 'n goeie gees plaasgevind.
Heerlike etes is van Vrydagoggend tot Saterdagmiddag voorgesit en al die klublede, wat met die reëlings betrokke was, word bedank.
Die klub bedank ook al die borge wat die toernooi 'n sukses gemaak het. Almal sien uit na die 2024 Hartenbos Rolbalklub Classic.
Plaatwenners wat die eerste plek gewen het is van Somerset-Wes: Van links: Nico Taljaard, Leonie Taljaard, Rodney Chopper van Deventer, Emma van Deventer en Heinrich Kruger (Borg).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’