EDEN DISTRIK NUUS - Eden-tweekamp het nie net goue medaljes verower by die SA kampioenskap nie, maar 'n algehele vierde plek uit 14 deelnemende spanne behaal.
Die 43ste Sportmans Warehouse SA kampioenskap het Vrydag 30 en Saterdag 31 Maart in Pretoria plaasgevind. 537 atlete wat 14 provinsies/streke verteenwoordig, het deelgeneeem.
Eden se 66 atlete het drie goue, twee silwer- en een bronsmedalje gewen. Die medaljewenners is Matthew van Coller (goud),
Gustav Schlechter (goud), Minke Janse van Rensburg (goud), Ruben Gouws (silwer), Johan Windt (silwer) en Lara Schlechter (brons).
Ander presteerders:
- Karli Lotter (dogters o.9 - vierde)
- Jade Borrett (dogters o,17 - vyfde)
- Zhane Vorster (dogters o.19 - vyfde)
- André Kleynhans (seuns o.19 - sesde)
- Edie Lutsch (meesters - sewende)
- Chris van Wyk (veterane - agtste)
- Marius Schlechter (senior veterane - agtste)
- Lume Gouws (dogters o.11 - agtste)
• Tydens die tweekamp algehele jaarvergadering is SWD-tweekamp se naam verander na Eden-tweekamp. Eden se voorsitter, Stephnie Mckay, is ook verkies as 'n nasionale keurder.
Die 2020 SA kampioenskap is ook aan Oudtshoorn toegeken.
Die 2019 SA kampioenskap sal in Port Elizabeth plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'