Die Modderfontein Trust-gholfdag wat op Saterdag, 24 Junie aangebied is, het in heerlike Mosselbaai winterweer plaasgevind. Die individuele stableford-kompetisie het as gevolg van die heerlike weer en die puik toestand van die baan uitstekende tellings tot gevolg gehad. Wiekus Pretorius was in die A-afdeling onstuitbaar en op 41 punte het hy sy naaste teenstander met minstens vier punte getroef.