MOSSELBAAI NUUS - Laerskool New Dawn Park hou op Erfenisdag, Sondag 24 September hul jaarlikse gholfdag by die George-gholfbaan.
Dit is 'n individuele stableford-kompetisie en die inskrywingsfooi beloop R260 per speler.
Baie pryse is op die spel. Die afslaantye is van 11:00 af en spelers word versoek om vroegtydig op te daag.
Belangstellendes kan tot op die laatste op Donderdag, 21 September nog inskryf.
Inskrywings kan by die skool gedoen word. Kontak die skoolhoof, Peter Fillies (044-878 1276 of op sy selfoon 082 3748 641).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'