Die vroue se Klubkampioenskappe het op 19 en 20 Februarie plaasgevind. Die talentvolle Anzelle Zeelie het nou reeds die kampioenskap nege keer gewen en dit was ook haar vierde agtereenvolgende oorwinning. Voorwaar 'n prestasie waarop sy met reg trots kan wees! Die merkwaardige 81-jarige Annette Meyer, wat in haar 50+ Kampioenskap gespeel het en die titel 13 keer gewen het, verdien ook spe-siale vermelding.