MOSSELBAAI NUUS - Louis Oosthuizen, se Academy57-bestuurder, Petrie Cronjé en lede van die akademie is in ekstase oor drie van die akademie se studente wat die afgelope naweek topprestasies behaal het.
Martin Vorster, Jordan Duminy en Ian Pautz het senior spelers tydens die Mosselbaai-gholfklub se klubkampioenskappe laat les opsê.
Cronjé het gesê: "Namens Louis Oosthuizen en sy Academy57, baie geluk aan Martin Vorster met jou dubbele wen in die Mosselbaai-gholfklub se kampioenskap. Dit is voorwaar 'n prestasie."
Martin, die wenner, is reeds vanaf ouderdom nege opgeneem in Academy57. "Ons is ook baie trots op Jordan Duminy en Ian Pautz met hulle gesamentlike derde plek in die kampioenskap. Martin se oorwinning maak dit twee in 'n ry vir Academy57-lede om die Mosselbaai-gholfklubkampioenskap te wen. Jordan het die kampioenskap in 2018 gewen.
"Ons is baie trots op julle prestasies. Julle is ware ambassadeurs vir Louis, Mosselbaai en junior gholf in Suid-Afrika."
Die akademie is in ekstase oor studente se topprestasies.
Jordan Duminy.
Ian Pautz.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'