Verskeie sokkerspanne het vanaf 2 Januarie tot 6 Januarie by die Greenhaven-sportgronde op Groot-Brakrivier aan 'n sokkertoernooi deelgeneem. Die toernooi staan onder inwoners as die World Cup bekend.
Plaaslike sokkerspelers se spanne bestaan uit verskeie lande en die spelers trek boonop sportdrag van 'n spesifieke land aan. Die toernooi het reeds in 1990 op Groot Brak begin en is 'n hoogtepunt op die Nuwejaarskalender vir Groot Brak inwoners en sportliefhebbers. Die stigters van die toernooi was leerders van die plaaslike skool, Angus en Roy Volkwyn. Die Volkwyns het die toernooi begin met die doel om die jeug van die strate af te hou en om sport na plaaslike inwoners te bring.
Die organiseerders bedank Garden Route Casino Trust, Wonderful SA, Ilita Lodge, Total Groot Brak, die Mosselbaai-munisipaliteit en Topgear vir die borgskappe.
Raadslid Cliffie Bayman spreek die sokkerspanne toe voordat die toernooi begin. Foto's: Henry Koert
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'