Plaat-afdeling
In die Plaat-afdeling, het Sussex en Mosselbaai Korrektiewe Dienste sake uitgespook. Mosselbaai Korrektiewe Dienste kolf eerste en kon in die sterk wind net 114/9 (4x6's en 7x4's) in hul toegelaate 20 boulbeurte aanteken. Renaldo Potgieter en Charlie Burmeister wat in die middelorde gekolf het, het probeer red wat daar te redde is en teken 49 in hul vennootskap aan. Potgieter (32) en Burmeister (17) was dan ook die beste lopiemakkers van hul span. Godwin Plaatjies (2/9) en Wayne de Jager (2/7) was beste plaatjienemers vir Sussex.
Sussex se openingskolwers begin baie goed en Sussex bereik die wentelling in die 15de boulbeurt vir die verlies van slegs drie plaaltjies. Revan Plaatjies (30*), Lindle Trim (33*) en Randall Otto (22*) was Sussex se beste kolwers. Floris Marais (2/12) was Korrektiewe Dienste se beste bouler. Sussex het in hul beurt 2x6s en 10x4s geslaan.
Beker-afdeling
Titians en Whalers pak mekaar in die Beker-afdeling, met Titans wat die loot wen en besluit om in die baie sterk wind eerste te kolf. Dit was beslis nie 'n maklike taak om teen die wind te boul nie en die kolwers het van die geleentheid gebruik gemaak om die boulers uit mekaar te slaan.
Ricky Lessing (30*), Frikkie Theron (34*), Jac Theron (30*), Kobus Swanepoel (31*) en Michael Rher (34*) teken almal 30 en meer lopies vir Titans aan.
Die eerste paaltjie val in 19de beurt met die telling op 215/1. Titians teken 222 lopies in hul 20 beurte aan. Hardus Cremer en Pierre Botes neem elk 'n paaltjie vir Whalers.
Die wind het gaan lê en Titians beperk Whalers tot 95/6 in hul 20 beurte, met Robert Jansen (30*) die beste kolwer.
Henrich Matthee was die beste bouler, wat twee paaltjies vir vyf lopies geneem het. Titians het koning gekraai en weggestap met die Primagas Supa Slog Trofee.
Titans, wenners van die Primagas Supa Slog Beker-afdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'