Die voorafgaande wedstryde, om te bepaal wie in die finaal speel, is die afgelope week afgehandel. In die eerste wedstryd het Titans teen Sussex te staan gekom met Titans die oorwinnaars. In die tweede wedstryd moes Sussex hul man teen Mosselbaai staan, maar moes hulle die koppe buig teen dié span wat beteken dat Mosselbaai tot die finaal deurdring.
Titans vs Sussex
In die wedstryd tussen Titans en Sussex, kolf Titans eerste en benut die 25 boulbeurte om 171/8 te behaal. Buks Burmeister 30*, Jac Theron 64* (5x4 en 5x6), Heinrich Matthee 21 en Kobus Swanepoel 21 was die span se beste kolwers. Wayne de Jager neem 3 paaltjies in sy drie boulbeurte en is goed bygestaan deur Carlo Thanna wat 2 paaltjies neem.
Sussex teken hierna 163/5 in hul beurt aan. Shaun Manho 31*, C Jansen 33* en J Jaona 33* was die span se lopiemakers. Michal Rher neem 2 paaltjies in sy toegelate drie boulbeurte.
Jac Theron van Titans word as speler van die wedstryd aangewys.
Sussex vs Mosselbaai
Sussex kolf eerste in hul wedstryd teen Mosselbaai en teken 132/7 in hul toegelate 25 beurte aan. E Essau 30* en Wayne de Jager 26 vaar die beste met die kolf vir Sussex, terwyl J Cilliers 'n uitstekende 3 paaltjies vir slegs 14 lopies vir Mosselbaai neem.
Mosselbaai behaal die wentelling (135/4) in die 20ste boulbeurt. Christo van Schalkwyk 34*, J Cilliers 30*, N van de Linda 25 (3x6) en F Ciliiers 22 behaal almal dubbelsyfers vir Mosselbaai. E Essau met 2/14 was Sussex se beste bouler.

Eddie Mortimer oorhandig Jac Theron se Jakkalsvlei Kelders-prys as Speler van die Wedstryd aan hom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'