SUID-KAAP NUUS - SWD se vrouekrieketspan sal hierdie naweek op Mthatha teen Kei te staan kom.
Saterdag 25 November sal die twee spanne in 'n eendagwedstryd gewikkel wees.
Sondag word hul lopie tempo op die proef gestel in 'n T20-wedstryd.
Na hul onlangse oorwinning oor Oostelike Provinsie, kan Haroline Rhodes en haar span vol selfvertroue wees op die veld stap.
SWD se vrouespan het nog nooit teen Kei verloor nie.
Die spelers is Mochelle May, Monique Booysen, Bianca Figeland, Micaela Andrews, Haroline Rhodes (kaptein), Mbali Ndukwane, Janet Winster, Marnezelle Rabie, Julandi Saayman, Chani Damons, Jenvieve Jantjies, Johanna Davids en Ashley-Ann Meyer.
'Ons bring die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'