MOSSELBAAI NUUS - Die laaste gedeelte van die 2018 winterliga-atletiekbyeenkomste het onlangs weer by die Van Riebeeckstadion begin.
Die Mosselbaai atletiekgemeenskap is baie dankbaar vir die sintetiese aanloop oppervlak wat die Mosselbaai-munisipaliteit aangebring het by die verspring en driesprong putte.
Die verspring aanloop is in gebruik geneem by die afgelope winterliga-atletiekbyeenkoms. Atlete en afrigters stem almal saam dat die opgradering die atlete baie beter gaan voorberei vir die provinsiale en nasionale kampioenskappe.
Die liga is oop vir alle atlete en byeenkomste vind elke tweede Woensdag tussen 17:00 en 19:00 by die stadium plaas. 'n Inskrywingsfooi van R35 per atleet per byeenkoms is betaalbaar.
Atlete kan aan alle items op die program deelneem. Daar word meegeding in verskeie baanitems, verspring, hoogspring, gewigstoot en spiesgooi.
Pryse vir atlete met besondere prestasies, sal weekliks uitgedeel word.
Atlete wat wil deelneem aan die winterliga of wat op soek is na kwaliteit afrigting kan Eden Athlete Management Services kontak (083 265 0798). Die volgende byeenkoms vind môre, 1 Augustus plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'