Gallery
SPORTNUUS - Die afgelope Saterdag het 280 atlete van die Westelike Provinsie (WP) en Eden aan die Southern African Christian School's Sports Association (SACSSA) byeenkoms in die Van Riebeeckstadion deelgeneem.
Die organiseerder, Jannie Nel, was ná afloop van die byeenkoms baie tevrede met die skitter-atletiek, wat opgedis is.
FOTOGALERY: Southern African Christian School's Sports Association
Die volgende byeenkoms is op 5 Mei en sal as die Game of Throws byeenkoms bekend staan.
Dit is uitsluitlik vir atlete in die gooi items (spies-, hamer- en diskusgooi en ook gewigstoot) bedoel en word by die oefenveld in Hartenbos gehou.
Mossel Bay Advertiser se vryskutfotograaf, Dexter Brinkhuis, se foto's van die dag is op mosselbayadvertiser.com se webblad te sien. Vir verdere navrae kan Nel (083 265 0798) gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’