MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos-bergfietswedren en -wedloop wat op 26 Desember aangebied is was 'n reusesukses met sowat 451 bergfietsryers en 250 atlete van regoor die wêreld wat deelgeneem het.
Hierdie byeenkoms is jaarliks 'n hoogtepunt onder vakansiegangers in en om Mosselbaai om die vorige dag se Kersete af te skud en is ook baie gewild onder plaaslike fietsryers en atlete.
Die 2019 byeenkoms is vir die eerste keer vanaf die nuwe perseel van Hart & Bosch Village van Sean Ekström aangebied.
Hart & Bosch Village is net buite Hartenbos op die ou Klein-Brakrivierpad op een van Hartenbos se oudste plase geleë. Beide Hart & Bosch en Outeniquasbosch Wildlife Village het hul landgoed eksklusief oopgestel vir die byeenkoms se nuwe 5km en 9km wedlooproetes.
Fietsryers tydens een van die grootste plaaslike wedrenne wat op 26 Desember in Hartenbos aangebied is.
Beampte van die plaaslike munisipale en provinsiale verkeer moes vroegoggend bond staan om die sowat 700 deelnemers veilig te hou deur die besige vakansieverkeer. Die organiseerders, Monties Fietse & Sport, bedank al hul borge vir hul bydraes wat tot die sukses van die byeenkoms bygedrae het.
Foto: Verskaf
Uitslae
Die wenners in die 5km-wedloop was Joshua du Toit (00:33) en Elne Conradie (00:33) terwyl Tarquin Meszaros (00:39) en Elize Kloppers (00:49) onderskeidelik die mans- en vrouewenners van die 9km-wedloop was.
Die 30km-bergfietswedren is deur Bonga Nkqintiza (mans) en Annemarie Fouche (vroue) gewen. Johan du Toit het die mans afdeling van die 40km-bergfietswedren gewen en Madelè van Heerden die vroue-afdeling gewen. Die 60km afstand is deur Dusty Day (mans) gewen terwyl Brigitte Joubert die vrouewedren gewen het.
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'