MOSSELBAAI NUUS - Die laaste keer wat Skrikkeldag op 'n Saterdag geval het, was in 1992 wat die afgelope Saterdag se parkrun uniek gemaak het.
By die parkrun op Outeniquasbosch buite Mosselbaai, is die dag gevier met 'n funky hat-tema. Die geleentheid spog met 248 deelnemers en is ondersteun deur 44 vrywilligers.
Almal is welkom om aan die parkrun deel te neem of as vrywilliger op te tree. Dit vind plaas elke Saterdag om 08:00 by die Outeniquasbosch Wildlife Village, direk langs Monte Christo.
"Kom deel in die pret en word deel van die parkrun-familie. Mense kan aanlyn registreer vir parkrun hier."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'