TUINROETE | HESSEQUA SPORTNUUS - Na ASA se aankondoging dat daar van 1 November af weer geselekteerde atletiekbyeenkomste onder normale kompetisieomstandighede aangebied mag word het die atlete van Eden Athlete Management Services ekstra hard begin werk om die oorblywende virtuele byeenkomste vir die jaar te gebruik om te verseker dat hulle gereed is vir die nuwe seisoen wat voorlê.
Drie atlete vanuit Mosselbaai het die naweek aan 'n internasionale virtuele byeenkoms teen atlete uit verskeie Afrika-lande, Europa en Amerika deelgeneem.
Deacon Cooper (Hoërskool Punt) het die hamergooi gedomineer deur die hoogste ASA-punte te behaal uit al die ouderdomsgroepe terwyl Anke Boshoff (Laerskool Vorentoe, Groot-Brakrivier) die spiesgooi vir meisies (11 jaar oud) gewen het.
Stef Meyer het puik gevaar in die kategorie vir seuns (9 jaar oud) met 'n nuwe persoonlike beste prestasie in verspring.
"Ons hoop om die atlete van Eden Athlete Managament Services binnekort in kompetisies in die WP, Boland en OP te sien," sê die organiseerder Jannie Nel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'