MOSSELBAAI NUUS - Tydens die afgelope Vrystaatse meestersatletiek-kampioenskap in Bloemfontein het een van SWD se meestersatlete, wat in Mosselbaai woonagtig is, 'n silwer- en bronsmedalje verower.
John Aspeling is nog nuut in hierdie sportsoorte, maar baie belowend.
Hy het in die gewingstoot vir mans 55 jaar plus, 'n afstand van nege meter behaal en sodoende die bronsmedalje ingepalm. In die spiesgooi het hy 'n afstand van 35.30 meter gegooi en die silwer medalje verower.
Aspeling geniet elke oomblik om deel te neem en konsentreer nog net op die gewigstoot- en spiesgooi-items.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'