Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse Music Colour Run het op 22 Desember vir die vyfde agtereenvolgende jaar in in Mosselbaai plaasgevind.
Sowat 1 600 vrolike mense het aan die gebeurtenis deelgeneem.
Daar is gedans, gehardloop en gestap met vrolike glimlagte terwyl die gekleurde verfpakkies alles en almal verkleur het. Dit was ook die eerste jaar dat hierdie gewilde byeenkoms in die middag aangebied is, juis met die hoop dat dit koeler sal wees. Oud en jonk het weer eens die geleentheid geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'