ATHLETICS NEWS - Eden MPA-atleet, Johan Windt (meester 60+) van Mosselbaai wat vanaf 25-29 Augustus in Duitsland aan die tweekamp (biathle) en driekamp (triathle) wêreldkampioenskap deelgeneem het, het puik presteer.
Windt het 'n sesde plek in tweekamp en sewende plek in driekamp behaal in die individuele afdelings.
Hy het ook 'n tweede plek (silwermedalje) in gemengde tweekampaflos en eerste plek (goue medalje) in die gemengde driekampaflos verower.
Biathle is 'n sport waar swem met hardloop gekombineer word terwyl Triathle 'n kombinasie is van swem, hardloop en skiet met 'n laser simulator na 'n teiken.
Johan Windt in aksie met die laser simulator.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'