In totaal het 36 van die klub se atlete die half marathon voltooi, terwyl 37 atlete die 56km ultra-marathon aangepak het. Mario Meyer (4:25:52) en Elize Kloppers (5:03:16), het hulleself onderskei as die top atlete in die ultra marathon, terwyl Johan Kruger (1:36:10) en Monja le Roux (2:00:11) presteer het in die half-marathon. Vier van die klub se atlete het dan ook aan die “Two Oceans Trial Run” deelgeneem.
Die klub is ook besonders trots op Dawie Zwiegelaar en Dewald Kleinhans, wat onderskeidelik hulle 27ste, 20ste en 10de Twee Oseane-marathon gehardloop het.
Hartenbos Drawwers bied elke Dinsdag ‘n tydtoets aan. Die afstande is 3km, 4km, 6km of 8km. Tydtoetse word om 17:30 aangebied in die winterseisoen. Die tydtoetse vind plaas by die “Bikini Beach” parkeerarea (tussen Hartenbos en Bayview).
Almal is welkom. Vir meer besonderhede, kontak André Swart by 082 442 4766 of Christa Smit by 072 235 4029. Besoek ook gerus die klub se webblad vir al die klubnuus en gebeure by www.hartenbosdrawwers.co.za.

Hartenbos Drawwes was weer goed verteenwoordig by vanjaar se Twee Oseane-marathon. Hier is die deelnemers na afloop van die wedloop.