MOSSELBAAI ATLETIEK NUUS - Eden Athlete Management Services het 'n groep Mosselbaai-atlete gehelp om aan The Dome Virtual Challenge deel te neem.
Hierdie byeenkoms gee atlete van regoor die wêreld die geleentheid om hulle vordering te meet en om te sien hoe hulle vergelyk.
Die groep atlete het nie net puik posisies behaal nie, maar het ook 'n groot klomp persoonlike beste prestasies behaal.
Dit voorspel opwindende uitslae vir 2021 se kompetisies.
Die atlete het soos volg presteer:
- Deacon Cooper (Hoërskool Punt) - S14 hamergooi (goud)
- Anke Boshoff (Laerskool Vorentoe) - M11 spiesgooi (goud) en verspring (brons)
- Hanley Nel - M11 verspring (goud) en spiesgooi (silwer)
- Chernan Joseph (Hoërskool Sao Bras) - S15 gewigstoot (goud) en diskus (brons)
- Ethon Joseph (All Saints Primêr) - S12 gewigstoot (silwer)
- Grant de Nobrega - S14 spiesgooi (brons)
- Frik Ferreira - meesters hamergooi (goud), spiesgooi (goud), diskus (silwer) en gewigstoot (silwer)
- Rika Spang - meesters 80m (goud)
- Hendrika Zimmerman - meesters 1 500m (goud)
- Eugene Nell - meesters 400m (goud)
Eden Athlete Management Services se atlete neem in Oktober aan twee baan- en veld-, asook twee landloopbyeenkomste deel. Atlete van alle ouderdomme en kompetisievlakke is welkom om by hulle aan te sluit.
Kontak vir Jannie Nel (083 265 0798) vir meer inligting.
Ethon Joseph (All Saints) en Chernan Joseph (Sao Bras) het die rare geleentheid om saam te kon deelneem geniet. Beide het met puik prestasies weggestap.
Eugene Nell (400m), Rika Spang (80m) en Hendrika Zimmerman (1 500m) het almal goud verower in hulle meesteritems met prestasies baie naby aan hulle persoonlike beste prestasies.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'