TUINROETE DISTRIK ATLETIEKNUUS - Eden Athlete Management Services se skoolatlete het die geleentheid om as klub-atlete by die eerste ASWD-liga deel te neem met beide hande aangegryp.
Na ‘n lang afwesigheid van byeenkomste was die meeste van die atlete nog nie heeltemal waar hulle gewoonlik hierdie tyd van die seisoen is nie.
Die groep Nedbank-atlete se prestasies was almal reeds goed genoeg om aan die SACSSA-standaarde vir hulle Suid-Afrikaanse kampioenskappe aan die einde van die jaar te voldoen.
Volgens Jannie Nel, afrigter van Eden Athlete Management Services, sien hulle daarna uit om die atlete se vordering deur die seisoen te volg.
Luné van Zyl het ‘n indrukwekkende tyd behaal in die 200m vir meisies o/16.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'