MOSSELBAAI ATLETIEKNUUS - Mosselbaai atlete het verlede week die winterliga-atletiekbyeenkoms gebruik om waardevolle lesse te leer van deelname tydens moeilike weersomstandighede.
Atlete het aan hoogspring, driesprong, skyfwerp, 800m-, 400m- en 100m-items deelgeneem ten spyte van 'n ysige wind en bitter koue weer.
Die byeenkomste word juis gebruik om atlete voor te berei op die komende atletiekseisoen en hoewel die weerstoestande dan beter sal wees, word uithouvermoë en stamina juis nou opgebou.
Die volgende winterligabyeenkoms vind op 15 Augustus vanaf 17:00 by die Van Riebeeck-stadion plaas.
Megan Gouws het haar oefensessie in die koue voluit benut.Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'