Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms het op 30 Januarie by die Van Riebeeck-stadion plaasgevind.
Spanne kon vanjaar volgens hul span-kleur aantrek, en dit het bygedra tot die uitstekende spangees op die dag.
Die Rooi-, Blou- en Groenspan het hard teen mekaar gekompeteer op die baan, sowel as op die pawiljoen.
Die seisoen het op ‘n baie hoë noot begin en 23 rekords het gespat. Die spanne het soos volg geëeindig: Groenspan (1ste) met 696 punte, Rooispan (2de) met 676 punte en die Blouspan (3de)met 528 Punte.
Die Rooispan was die waardige wenners van die trofee vir die beste gees.
Die senior victor ludorum was Girard September en die junior was Eduan Hobbs. Die senior victrix ludorum was Anika Snyders en die junior was Nadia Badenhorst.
Hoërskool Punt se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms het op 30 Januarie by die Van Riebeeck-stadion plaasgevind.
Die volgende atlete het rekords verbeter:
Meisies o/14:
Tamzyn Groenewald (110m), Nadia Badenhorst (Hamergooi), Alexis Nell (1 500m en 3 000m).
Meisies o/15:
Lara Lubbe (300m-hekkies).
Meisies o/17:
Anika Beukes (verspring en driesprong), Anika Otto (gewigstoot), Anika Snyders (spiesgooi), Adeline Roos (hamergooi), Jandri Snyders (1500m en 3 000m).
Seuns o/14:
MJ Fourie (200m), Deacon Cooper (hamergooi), Henru Kuhn (300m-hekkies).
Seuns o/15:
HJ Nell (1 500m), Lee Wildemans (400m).
Seuns o/17:
Herman Knoetze (800m en 1 500m), Stefan Fourie (400m Hekkies), Jordan Jaars (spiesgooi), Landre Cope (1 500m), Girard September (verspring).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'