MOSSELBAAI NUUS - Die Eden-atlete het vier medaljes tydens die Wes-Kaap biathle- en triathle-kampioenskap gewen.
Die kampioenskap het op 26 en 27 Mei in Bredasdorp plaasgevind. 17 Eden-atlete het deelgeneem.
Die medaljewenners was:
- John Windt: goud
- AC Kleynhans: goud en brons
- Debbie Strydom: goud en brons
- Greens Groenewald: silwer
- Zanelle Vorster: silwer
- Sonja Steyn: silwer
- Marcus Kleynhans: silwer
- Laetitia Vosloo: silwer
- Ethan Voight: brons
- Tertius Steyn: brons
- Zhane Vorster: brons
- Megan van der Westhuizen: brons
Die SA biathle/triathle-kampioenskap vind op 23 en 25 Junie in Port Elizabeth plaas.
Debbie Strydom (links) het 'n bronsmedalje verwerf.
AC Kleynhans (seuns o/19) van Hoërskool Outeniqua oppad na die wenstreep vir sy goue medalje.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'