Vir een oomblik is die slimkop elke sentimeter ‘n lady met goedversorgde naels en ‘n lekseltjie lipstiffie voordat sy die krokodilkamp se warmhou-ligte verstel en handig regmaak.
Sy en ‘n vriend het al ‘n paar stelle afgetrap, veral tydens die verskuiwing van krokodille van kamp tot kamp. As so ‘n gespierde stert jou wind uitgeklap het, vergeet jy dit nie gou nie.