Die balju het vanoggend na twee en ‘n half ure se gesukkel uiteindelik daarin geslaag om toegang tot ‘n kluis in die munisipale gebou te kry om beslag te lê op die ketting.
Dit volg nadat die balju Woensdag op spogmeubelstukke van die raadsaal beslag gelê het volgens ‘n vonnis van ‘n skadevergoedingseis wat nie deur die munisipaliteit betaal is nie.
Volgens Johan Wagener wat namens die eiser, wat op ‘n stukkende sypaadjie geval en beseer is, optree het ‘n munisipale amptenaar skielik met die kluissleutel vorendag gekom toe die balju ‘n sleutelmaker opdrag gegee het om die kluis oop te boor.