OUDTSHOORN NUUS - 'n Pastoor van 'n gemeente op Oudtshoorn is Dinsdag by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem op klagtes van verkragting en onsedelike aanranding van 'n minderjarige.
Die man se identiteit mag eers bekend gemaak word nadat hy in die hof gepleit het.
Hy het reeds in die hof verskyn en verskyn weer Maandag 15 Oktober vir 'n borgtogaansoek.
Die 58-jarige man staan tereg op vyf klagtes, twee van verkragting en drie van onsedelike aanranding.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Klein Karoo nuus'