NASIONALE NUUS - 'n Kaapse kobra van ongeveer 1,2 m het Dinsdagaand gesorg dat 'n man blitsvinnig uit sy bed gespring het.
Volgens Mornay Thysse van die Oudtshoorn-brandweer, is hy Dinsdagaand om ongeveer 21:00 na 'n huis buite Dysselsdorp ontbied waar 'n werkspan, wat aan die N12 werk, woon.
Volgens hom het een van die werkers met groot oë verduidelik dat daar 'n slang in sy bed is.