DE RUST NUUS - 'n 34-jarige man van Nelsrivier, De Rust, het sy saamleefmaat met wie hy al vir 17 jaar in 'n verhouding is, op die grond neergegooi en met die vuiste geslaan.
Hy is in die Oudtshoorn-streekhof 'n opgeskorte vonnis opgelê en vir drie jaar onder huisarres geplaas.
Gerrit Plaatjies het skuldig gepleit. Volgens hom het hy na werk huis toe gekom en gevind dat die huis nie aan die kant was nie en sy saamleefmaat nie tuis was nie.
Sy was dronk toe hy tuiskom en dit het hom baie kwaad gemaak, maar hy is innig jammer oor wat hy gedoen het.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’